Mechanical Technician
— The Randstad, Netherlands Be an early applicant 2 minutes agoTegniese talent in Suid-Afrika: is jy reg vir jou volgende groot stap?
By Xelvin help ons gekwalifiseerde tegniese mense uit Suid-Afrika om ’n nuwe loopbaan in Nederland te begin. Nie net met ’n werk nie, maar met die hele proses: van jou visum en papierwerk tot behuising, Nederlandse lesse en begeleiding wanneer jy hier aankom.
Ons is veral op soek na jong, gemotiveerde tegniese talent met 2–5 jaar ervaring wat graag langtermyn in Nederland wil werk en groei.
Jy kan moontlik ’n goeie fit wees as jy:
🔹 Afrikaans en Engels goed praat
🔹 ’n Trade qualification het, soos Red Seal, N3–N6, Electrician, Diesel Mechanic of Millwright
🔹 Of ’n Bachelor’s/Master’s het in Mechanical, Electrical of Mechatronics Engineering
🔹 Praktiese ervaring het in tegniek, produksie, onderhoud, manufacturing, high-tech of energy
🔹 Regtig gemotiveerd is om oorsee te werk en ’n nuwe lewe in Nederland te bou
Hoekom pas Suid-Afrikaners so goed?
Afrikaans is naby aan Nederlands. Dit help baie wanneer jy Nederlandse veiligheidsinstruksies, handleidings, werksprosedures en tekens in die fabriek of werksomgewing moet verstaan. Dit maak die aanpassing dikwels makliker en vinniger.
Wat bied Xelvin?
🔹 1–2 jaar kontrak, met die doel op langtermyn werk daarna
🔹 Volle relocation support
🔹 Relocation package van €1,500–€3,000
🔹 Visa sponsorship / residence permit vir jou en jou spouse
🔹 Salaris tussen €3,000–€4,100
🔹 €2,000 interest-free loan facility
🔹 Nederlandse lesse
🔹 Ondersteuning met behuising
🔹 Begeleiding deur die hele proses
Ons weet: om na ’n nuwe land te trek is ’n groot besluit. Daarom stap ons die pad saam met jou, van die eerste gesprek tot jou eerste dag in Nederland.
Ken jy iemand wat ’n goeie fit kan wees? Of dink jy self dit is tyd vir jou volgende stap?
Stuur jou CV na e.goss@xelvin.nl of stuur vir my direk ’n boodskap.
Kom ons begin die gesprek. 👏
#recruitment #technicians #engineeringjobs #relocationjobs #southafrica #afrikaans #netherlandsjobs #tradeskills #dieselmechanic #electrician #mechatronics #Xelvin #JobsInTheNetherlands #WorkAbroad
Published today